Babylonstoren •
New

Winkelier- Plaaswinkel

Franschhoek, South Africa

Winkelier

Ons plaaswinkel is op soek na ’n energieke, betroubare en passievolle Winkelier om by ons span aan te sluit. Indien jy uitstekende kliëntediens kan lewer, goed onder druk presteer en daarvan hou om in ’n dinamiese kleinhandelomgewing te werk, hoor ons graag van jou.

Verantwoordelikhede

  • Verwelkom en help kliënte op ’n vriendelike en professionele wyse
  • Lewer uitsonderlike gaste- en kliëntediens
  • Hanteer verkope en kassastelsel akkuraat
  • Dryf verkope om winkelteikens te bereik
  • Vul rakke aan en verseker netjiese produkuitstallings
  • Help met voorraadbeheer en voorraadopnames
  • Hou die winkel netjies, georganiseerd en aantreklik
  • Werk effektief saam met die span om daaglikse take af te handel

Vereistes

  • Matrieksertifikaat
  • Afrikaanssprekend
  • Vorige kleinhandelondervinding sal voordelig wees
  • Betroubaar, eerlik en verantwoordelik
  • Passievol oor kliëntediens en kleinhandel
  • Energiek en positief van aard
  • Vermoë om goed in ’n span te werk
  • Vermoë om onder druk en in stresvolle situasies te presteer
  • Bereid om buigsame kleinhandelure, naweke en openbare vakansiedae te werk
  • Goeie kommunikasie- en mensevaardighede

Indien jy belangstel, doen asseblief aansoek deur jou CV hier in te dien:

Apply

Tailor your resume for this role?

We couldn't check your fit for this role — add a resume to your profile to see it next time.

A new version of ApplyChill is available